Welkom!
Teken Aan | Registreer vir 'n Gebruikersrekening
Koorts is ’n familienaam wat in Suid-Afrika ontstaan het. Dit is afgelei van die stamvader Johann Martin Kurz, wat as soldaat in 1731 op die boot CASTRICUM vanaf Benneckenstein, Duitsland, na Suid-Afrika gekom het. Kurz is ’n van wat reeds in die vroegste eeue in Switserland teëgekom is. Die familienaam kom algemeen voor in die Duitssprekende lande. Dit is ook ’n familienaam wat redelik algemeen in Amerika en baie ander Westerse en Europese lande voorkom. Daar bestaan ook ’n Joodse verbintenis. Die naam beteken iemand wat kort van lengte is, en is ontleen aan die Duitse woord “kurz”, wat “kort” beteken.
Hy het getrou op 9 Desember 1736 met Jacoba Jurgens. Johannes Marthinus, een van hulle vyf kinders, gedoop op 4 Mei 1741, word die begin van hierdie spesifieke Koorts-stamboom in Suid-Afrika. Destyds het administratiewe amptenare die familiename opgeteken volgens die uitspraak wat hulle gehoor het van die persone wat dit aangemeld het. Die verandering van die van het destyds soos volg verloop: Kurz (1731) – Kurze (1741) – Koortze (1780) – Koortz (1820), en in 1855 is dit as Koorts opgeteken.
Koorts is dus ’n eg Suid-Afrikaanse familienaam, en enige persoon wat in Suid-Afrika met hierdie familienaam gebore is, kan net uit hierdie stamboom afkomstig wees. Die woord “koorts” beteken “koors” in Hollands, maar het geen betekenis in Afrikaans nie. In Holland bestaan daar wel ’n familienaam Koorts, maar dit het geen verband met die Koorts-familienaam wat in Suid-Afrika uit die Kurz-familienaam ontstaan het nie. ’n Moontlike invloed gedurende dié tydperk op die verandering van Kurz tot Koorts in die volksmond was die feit dat Hollands toe die algemene spreektaal was.
Kontak Ons
As jy enige vrae en voorstelle het oor die informasie op die tuisbald, wees so gaafen skakel ons gerus.Ons sien uit om van jou te hoor.